banner

Tuisblad | Onderwys | Ons model | Meer oor ons

Die aarde is rond en ander feeverhale

Ek lees die ander dag dat 'n geleerde beweer dat die aarde rond is, en nie plat soos sommige vroeer geglo het nie.

My vraag is of dit waar is?

Die aarde is die planeet waarop ons woon en rond is 'n geometriese vorm. 'n Geleerde is iemand wat dink dat die aarde rond is en mense van visse afstam. Waarheid is 'n getroue afbeelding van die werklikheid.

Wat beteken dit as 'n bewering of gedagte waar is?

Om waar te wees behoort die gedagte die werklikheid akkuraat weerspieel. Aangesien ons die werklikheid deur ons sintuie (oe, ore, ens.) waarneem en die sensasies dan deur ons brein interpreteer, 'sien' ons dinge verskillend. Verskillende mense kan dus dieselfde waarheid verskillend interpreteer.

Die plat wereld deur my vensterHoe ons iets sien hang ook af van waar ons staan wanneer ons daarna kyk of luister. Deur die venster in die kamer waar ek nou sit lyk dit wat ek van die aarde kan sien vir my taamlik gelyk. Indien ek nie van 'n ander posisie na die horison kon kyk nie, sou ek dus dink dat die aarde plat is.

Boot vanaf die strandOm beter te weet beteken om 'n groter perspektief te bekom. Ek kan langs die kus vanaf 'n berg baie verder sien, en redeneer dat die see nie plat is nie omdat 'n seilboot eers sy mas, dan sy stuurkajuit, en eindelik sy romp aan my vertoon soos dit nader beweeg. Indien ek nader aan die maan kon kom, sou my perspektief verder verbreed en kon ek my verbeel dat die aarde rond is, aangesien dit is hoe my sintuie die aarde op 'n afstand aan my sou voorstel.

'My waarheid' hang dus af van my perspektief van die werklikheid. Om ander se perspektiewe te akkommodeer, sal dit nodig wees om ons waarnemings saam te gooi en 'n 'gemiddelde' waarneming daaruit te bekom. So 'n gemiddelde is niks anders as 'n skatting van 'ons waarheid' nie.

Aarde vanaf die ruimte'Ons waarheid' is net meer akkuraat omdat dit uit verskillende hoeke waargeneem is. Die perspektief is groter. Die kans dat ek 'n fout kon maak is kleiner.

Dit beteken egter nie dat 'ons waarheid' heeltemal akkuraat ('die waarheid') is nie.

Verskeie foto's uit die ruimte toon aan dat die aarde rond is. Ander waarnemings (mens kan om die aarde vlieg) bevestig dit. Vra die meeste mense en hulle sal daarmee saamstem. Hou 'n stemming oor of die aarde rond is of nie en 'n ronde aarde behoort oorweldigend te wen.

Konsensus of die meeste stemme oor die aarde se vorm is dalk oortuigend as bewys daarvan, maar nie noodwendig akkuraat of "heeltemal waar" nie.

Metings toon aan dat die aarde nie presies rond is nie, maar 'n sfeer: platter by die noord- en suidpool, en ronder onder die ewenaar. Die verskil tussen 'n perfekte ronde aarde en metings is 23 km. (http://www.sciam.com/article.cfm?id=earth-is-not-round)

Dit is dus net naastenby waar dat die aarde rond is, nie 'n wetenskaplike feit nie. Akkurate metings toon aan dat dit 'n sfeer is.

Ons hoor en lees gereeld dat geleerdes beweer dat evolusie 'n feit is.

Dit lyk nie of daar enige definitiewe definisie vir evolusie gegee word nie. Die algemene idee blyk te wees dat evolusioniste die ontstaan en diversifikasie van lewende organismes deur suiwer spontane natuurlike meterialistiese prosesse voorstaan. Die patroon wat in die (fossiel) geskiedenis waarneembaar is word aan natuurlike seleksie en lukrake ('random') genetiese verandering (mutasies) toegeskryf. Natuurlike seleksie is die idee dat spesies en groepe deur die geskiedenis gereeld verdwyn het (verwyder is) deur omgewings- (bv. droogte) en biologiese faktore (bv. kompetiesie). Lewende organismes is entiteite met genetiese inligting (kodering in gene) wat energie (bv. sonlig of ander organismes) omskep in organiese materiaal, wat vermeerder in getalle en grootte, en wat aanpasbaar is om matige veranderinge te oorleef.

Hierdie teoriee om die fossielpatrone te verklaar is oorspronklik deur Darwin en sy tydgenote (vroee 1800s) voorgestel. In daardie tyd is geglo dat lewe gedurig spontaan uit nie-lewe ontstaan (melk word suur deur bakterie wat daarin "ontstaan"). Hulle was ook nie bewus van die bestaan van gene en die meganismes van oorerflikheid nie. Daar is geglo dat veranderinge wat in die ouers ontstaan (bv. meer spiermassa a.g.v. oefening) na die nageslag oorgedra word. Mense van daardie tyd (ook die jong Darwin) is geleer dat alle organismes bo-natuurlik geskep is deur God. Darwin en sy aanhangers wou hierdie teorie omverwerp. Na Mendel se werk oor genetika bekend geword het, het evolusie aansien verloor. Eers bykans 'n honderd jaar na Darwin se eerste publikasie van sy idee is 'n wiskundige teorie voorgele wat wys dat evolusie nie onmoontlik is as Mendel se resultate bygereken word nie. Darwin se teorie het toe herrys as die sg. Nuwe Darwinistiese Model, die "bewys" daarvoor sou die wiskundige model wees. Hierdie teorie oor die ontstaan en geskiedenis van lewe het onder wetenskaplikes 'n klein groepie fanatieke aanhangers, 'n groot groep wat dit aanvaar ('toeskouers'), en 'n ander klein groepie wat dit energiek teenstaan (sg. intelligente ontwerp voorstanders en ander wetenskaplikes).

Is dit waar dat lewe spontaan uit nie-lewende materiaal onstaan het?

Louis Pasteur het onomwonde bewys dat lewe slegs uit lewe kan ontstaan. Daar is geen proses bekend waardeur informasie (die gene se ensiklopedie van instruksies van hoe om te metaboliseer, te groei, voort te plant, ens.) deur nie-intelligente agente (materie) uitgedink en vasgele kan word nie. Niemand kon nog ooit daarin slaag om lewe voor te berei uit nie-lewende materiaal nie. Indien iemand dit gaan regkry, gaan dit bewys dat intelligensie (die persoon wat dit regkry) nodig is om so iets te doen. Wetenskaplik maak die ontstaan van lewe (en die inligting in gene) uit nie-lewende elemente en molekules dus geen sin nie, en geen getuienis dat dit so ontstaan het is nog ooit voorgele nie.

Is dit waar dat natuurlike prosesse soos droogtes lewende groepe 'selekteer'?

Dit gebeur dat organismes en groepe uitsterf deur gebeure soos langdurige droogtes en kompetisie. In die Karoo het voorheen plante gegroei wat nie teenswoordig daar voorkom nie, en verskeie dier- en plantsoorte het uitgesterf as gevolg van kompetisie deur die mens. Hierdie organismes se gene (die unieke informasie van hoe hulle saamgestel is en funksioneer) het verlore gegaan. Ons kan nie die dinosaurisse of die bloubok terugkry nie. Die verskeidenheid van organismes wat oorgebly het is minder. Daar is minder gene-informasie as voorheen. Die wereld het armer geword aan spesies (beramings is dat meer as 99% van spesies wereldwyd uitgesterf het: www.nhm.ku.edu/woodpecker/dodo.shtml). Ander diere en plante het die ariede Karoo bevolk. Die 'seleksie' wat plaasgevind het was vir die soorte wat droogtetoestande kan oorleef, en nou in groter gatalle in die streek voorkom. Die gevolg is dat die totale genetiese poel (gentiese inligting) van die organismes globaal verminder het. Seleksie selekteer blykbaar genetiese inligting weg.

Vind lukrake genetiese veranderinge plaas?
Gebreklike vrugtevlieg
Veranderinge in die gentiese inligting kan bewerkstellig word deur bv. radio aktiewe bestraling. Ons is bewus van die gebreklike babas wat na die atoomontploffings in Japan gebore is. Vrugtevliee is vir baie jare behandel om veranderinge in hulle gene te bestudeer. Vliee is gebore sonder of met meer ledemate, oe, kolle, ens. Ledemate het ook op ongewone plekke op hulle liggame voorgekom. Ons sou die resultate almal as gebreklik beskryf het, en as die diere in ons boerdery gebore is sou ons hulle moes nek omdraai, of hulle sou self omkom. Vrugtevliee se veranderde gene het net gebreklike vrugtevliee gebaar. Die dubbelvlerk vlieg regs het geen spiere vir die tweede stel vlerke nie. Hulle is dus van geen nut nie. http://www.harunyahya.com/nas03.php

Wat is die waarheid oor evolusie?

Die beste getuienis van evolusioniste is volgens hulle die fossielopeenvolging. Daarvolgens vind mens dat die ouer fossiele uit kleiner en minder spesies bestaan, terwyl die jonger (boonste geologiese lae) fossiele groter in liggaamsvorm is en uit meer soorte bestaan. Daar is egter tydperke waar baie soorte en groepe afwissel met min soorte en groepe. Liggaamsvorms word eers groter en daarna kleiner. In die verlede het daar ook baie meer soorte geleef as teenswoordig.
Galapogos vink
Die kragtigste voorbeeld van evolusie in aksie is klaarblyklik die vergroting (en daarna verkleining met normale reenval) van 'n fraksie van 'n sentimeter van sommige vinksoorte se snawels op die Galapagos Eilande gedurende 'n langdurige droogte.

Die persoonlike opinie van die meeste evolusionere entoesiaste is klaarblyklik dat intelligensie (mense) bestaan, dat intelligensie 'n natuurlike oorsaak moes he (die enigste alternatief daarteenoor is 'n bonatuurlike of Goddelike een, wat daarom as "onwetenskaplik" afgemaak word), en dat die wetenskap nie toegerus is om so 'n alternatief te ondersoek nie. Evolusie is dus 'n "wetenskaplike feit" omdat geen ander logiese (wetenskaplike) alternatief geloofwaardig kan wees nie.
 
Is evolusie deur natuurlike seleksie en mutasies akkuraat, of net 'n konsensus (gemiddelde siening)?

Om 'n bestaan as 'n wetenskaplike te maak (werk te kry en te behou), om aanvaarbaar te wees vir kollegas ('in' te wees), om lojaal aan die wetenskaplike model (daar is slegs materie, God is 'n mite of onbewysbaar, slegs die wetenskaplike metode kan die werklikheid beskryf) te wees, en om mede-evolusioniste nie te ontstel nie, is dit gemakliker om nie te probeer om die teoriee van natuurlike seleksie en bevoordelende genetiese veranderinge te probeer weerle nie, maar om bewyse te soek om dit te versterk. Dit is waar die aansien en befondsing is. Ons het moeite om te erken wanneer ons verkeerd is, of nie regtig weet wat die antwoord is nie. Dit is makliker om te beweer dat 'hulle' verkeerd is, en dan ons bes te doen om ons siening reg te bewys. Ons is net menslik.

Edward de Bono dink ons grootste struikelblok met die (onlogiese) teorie van evolusie is ons onkreatiwiteit om 'n logiese alternatief te vind.

Beteken dit dat slegs logiese alternatiewe aanvaarbaar is? Dat ons met 'n brein wat die produk is van lukrake genetiese foute kan besin oor die oorsprong en verloop van die prosesse wat tot daardie "logiese" intelligensie gelei het? Het ons logika verwar geraak? Kan 'n verwarde brein logies dink? Kan foute spontaan ontaard in intelligensie?

Die strand is rondSkielik verstaan ek hoe onlogies versinde argumente so maklik aanvaarbaar word. Ons verstand maak geen sin nie! En die aarde is rond. Feeverhale is waar. Ons sien wat ons wil sien. My voorvis was 'n baber. Visoogvisie is nie 'n versinsel nie. Wat ek sien is wat ek glo.

Waarheid is relatief, dit hang af van waar ek staan. Ek kan besluit aan watter kant van die kamaralens ek staan.

Darwin en sy tydgenote is vir my 'n aansporing om nie die idee van ons tyd (ons huidige paradigma: slegs die wetenskap kan werklikheid ontdek en beskryf) goedsmoeds te aanvaar nie, al doen hoeveel geleerdes dit. En ons voel met die verkiesing aan ons bas hoe die demokrasie van die meeste stemme sin maak van onsin. My hoop is in 'n sinvolle lewe hier en in die hiernamaals, as afbeelding van die Intelligente Skepper. Al se wie wat.
Ons verwelkom opmerkings, navrae en bydraes van hoop. E-pos ons 
021 858 1402 (telefoon), 084 909 4999, johan (by) facilitatinghope (punt) co (punt) za


Die foto heel bo is van dagbreek oor die Limpoporivier. Die eerste lig van die oggend hou hoop in vir wat die nuwe dag inhou.
Kopiereg  ©2009 Johan Manson. Alle regte voorbehou.